Laurik International


Globale Perspektiewe vanuit Argentina

Met Internet, TV, Radio, koerante en ander media hoor 'n mens soveel verskillende standpunte, teorieë en verduidelikings dat ons nie kan seker wees of die Varkgriep van varke, voëls of mense afkomstig is nie.

Ek het ongelukkig nie 'n antwoord nie en sal liewers nie 'n ligte spekulasie waag om nie by die algemene chaos by te dra nie.

Waaroor ek wel wil praat is die saak van perspektief.

Argentinië en Suid-Afrika is elke keer meer in mekaar se nuus en natuurlik hoor ons hier in Argentinië elke keer meer van die 2010 Wêreldbeker.
Sodat ek min of meer kan weet wat aan die gang is probeer ek soveel moontlik verskillende bronne raadpleeg en hierdie week was dit nogal baie opvallend hoe die Argentynse spanbestuurder, Bilardo, se besoek aan Suid-Afrika in die media bespreek is.

Die gevolgtrekking wat die Suid-Afrikaanse media gemaak het is dat Bilardo positief was oor wat hy daar gesien het en net met Maradona, Argentinië se afrigter, moet praat voordat hulle 'n keuse maak.

In Argentinië het ons 'n heeltemal ander storie gehoor. Volgens die media hier was Bilardo baie bekommerd oor die moontlikheid om 'n geskikte hotel en fasiliteite te kry aangesien daar nie infrastruktuur beskikbaar is wat aan sy vereistes voldoen as bestuurder van die span nie. Volgens aanhalings van Bilardo is daar geen hotel (oor) met sokkervelde wat naby genoeg is nie en ook is die afstande vanaf die lughawens 'n probleem. Die Argentynse bestuurder se prioriteite word skynbaar nie deur luukshede bepaal nie maar deur praktiese aspekte wat op die einde van die dag die span se prestasie op die sportveld gaan beïnvloed.

Daar is aansienlike bekommernis in die Argentynse media oor die logistiek van die wêreldbeker en of daar genoeg gedoen word om die kompetisie te bemark en te verseker dat daar nie knooppunte gaan ontstaan wat die algemene Wêreldbeker Ervaring gaan benadeel.

Aan die ander kant moet daar natuurlik ook gesê word dat die Argentynse sokker span se huiswerk nie heeltemal in orde is nie en dat hulle na hulle 6-1 nederlaag teen Bolivië nog moet kwalifiseer vir 2010.

Geniet die res van die naweek en laat weet of julle iets anders gehoor het as dit wat ek hier noem.

Die Argentyn

Laurik International





LAURIK INTERNATIONAL

Email: laurik@laurik.com.ar

Skype: laurikinternational My status


MSN: laurik.com.ar@hotmail.com

laurik@ laurik.com.ar


Tel: +54 11 5941 9637

Cel: +549 11 6274 5888

Cel: +549 11 6858 1982





 



Op hierdie bladsy sal u inligting vind oor:  Afrikaans, Laurik International Consultancy, Argentinië, Argentina, Afrikaans, Landbou in Argentinie, Landbou in Argentinië, Agritoere, Landbou Toere, Plaastoere, Invoer en Uitvoer, Besoek Suid-Amerika, Afrikaans Spaans Vertaal, Afrikaans Spaans Tolk, Immigreer na Argentinië, Buenos Aires, argentinie, Argentyn, Boerdery in Argentinië, Boerdery in Argentinie, Toer in Argentinië, Toer in Suid-Amerika, Uitsaaines, Suid-Afrikaanse gemeenskap, Comodoro Rivadavia, Bariloche, Mielies, Soja, Koring, Beeste, Vleis, Landbou.com, Landbou Weekblad, ExpoAgro, ExpoAgro, invoer en uitvoer van produkte, laurik international, argentinie natuur, avontuurtoerisme, estancia, 4x4 in Suid-Amerika, Eko toeris, Liniers Vleismark, Mercado de Liniers, Patagonië, Patagonie, Patagonia, Mendoza Wyn, Argentinie natuur, Natuur, Gaucho, Argentyns, Argentynse, Tango, Polo, Malbec, Pumas Rugby, Sokker, Rugby, DaKar, Rally, Ruta 40, Roete 40, Belegging Argentinie, Belegging Argentinië, Plaas in Argentinië, Colon Teater, Teatro Colon, Falkland, Toere Suid-Amerika, Toere Argentina, Toere Argentinië, Mercosur, Uruguay, Colonia, Montevideo, Sao Paulo, Falklands, Jujuy, Salta, Santiago del Estero, Formosa, Misiones, Chaco, Tucuman, San Juan, San Luis, Córdoba, La Pampa, Mendoza, Río Negro, Corrientes, Entre Ríos, Santa Fe, Buenos Aires, Neuquén, Chubut, Santa Cruz, Tierra del Fuego, La Rioja, Catamarca