Laurik International


China in Argentina

Ek en my vrou het dus van hierdie aangename weer gebruik gemaak om die China Town buurt hier in Buenos Aires te besoek. Dit is nou nie soos die flieks wat ons altyd sien van San Francisco met derduisende mense waar jy kan wegraak en nie presies kan seker wees op watter kontinent jy is nie. Hier is dit meer soos 5 of 6 blokke met Sjinese winkels, restaurante en 'n paar mense wat Asiatiese gelaatstrekke het.

Nadat ek die arme buurt nou so afgekraak het moet ek ook darem sê dat dit baie aangenaam was. Die mense wat Argentinië ken weet dat hier nie veel gebeur in die lyn van kruie en speserye in die kos nie en nogtans was hier alles wat 'n mens ooit sou wou gehad het.  Hier was sjampioene, souse, blikkies en pakkies met produkte waarvan 'n mens nog nooit gehoor het nie in 'n supermark 20 000km van die plek waar dit vervaardig word in die taal waarin dit vervaardig is in 'n land waar die produkte nie eens regtig groot aanvraag het nie.

Hierdie het my toe laat dink aan wat van ons westerse beskawing gaan word en vir hoe lank ons nog aan die voorpunt van die wêreld gaan bly. Ek glo dat die wiel vinnig aan die draai is en dat lande soos Argentinië en Suid-Afrika sal moet besluit waar hulle vir die volgende eeu of meer wil staan en hulle vriende daarvolgens moet kies. Die wêreld is aan die verander en hier is nie meer veel plek oor vir wonder en draadsit nie.

Ek is nie van die mense wat glo dat Amerika môre gaan platval of dat Sjina ons binnekort gaan inval nie maar 'n feit is dat ons onsself so moet posisioneer dat ons toeganklik is vir beleggings van Asië. Die sleutel gaan lê in hoeveel beweegruimte daar gaan wees om te bepaal hoe en waar daar belê word en hoeveel onafhanklikheid die ontvangers van hierdie beleggings gaan hê oor die uiteinde van hierdie megafondse.

Veel meer het ek nie te sê oor hierdie saak nie maar ek wou dit net onder julle aandag gebring het met hierdie klein voorbeeld van die globalisasie wat penetrasie van uitheemse waardes en produkte baie meer as moontlik maak.

Ek sien uit daarna om van julle te hoor.

Tot volgende keer.

Groete

Die Argentyn

Laurik International





LAURIK INTERNATIONAL

Email: laurik@laurik.com.ar

Skype: laurikinternational My status


MSN: laurik.com.ar@hotmail.com

laurik@ laurik.com.ar


Tel: +54 11 5941 9637

Cel: +549 11 6274 5888

Cel: +549 11 6858 1982





 



Op hierdie bladsy sal u inligting vind oor:  Afrikaans, Laurik International Consultancy, Argentinië, Argentina, Afrikaans, Landbou in Argentinie, Landbou in Argentinië, Agritoere, Landbou Toere, Plaastoere, Invoer en Uitvoer, Besoek Suid-Amerika, Afrikaans Spaans Vertaal, Afrikaans Spaans Tolk, Immigreer na Argentinië, Buenos Aires, argentinie, Argentyn, Boerdery in Argentinië, Boerdery in Argentinie, Toer in Argentinië, Toer in Suid-Amerika, Uitsaaines, Suid-Afrikaanse gemeenskap, Comodoro Rivadavia, Bariloche, Mielies, Soja, Koring, Beeste, Vleis, Landbou.com, Landbou Weekblad, ExpoAgro, ExpoAgro, invoer en uitvoer van produkte, laurik international, argentinie natuur, avontuurtoerisme, estancia, 4x4 in Suid-Amerika, Eko toeris, Liniers Vleismark, Mercado de Liniers, Patagonië, Patagonie, Patagonia, Mendoza Wyn, Argentinie natuur, Natuur, Gaucho, Argentyns, Argentynse, Tango, Polo, Malbec, Pumas Rugby, Sokker, Rugby, DaKar, Rally, Ruta 40, Roete 40, Belegging Argentinie, Belegging Argentinië, Plaas in Argentinië, Colon Teater, Teatro Colon, Falkland, Toere Suid-Amerika, Toere Argentina, Toere Argentinië, Mercosur, Uruguay, Colonia, Montevideo, Sao Paulo, Falklands, Jujuy, Salta, Santiago del Estero, Formosa, Misiones, Chaco, Tucuman, San Juan, San Luis, Córdoba, La Pampa, Mendoza, Río Negro, Corrientes, Entre Ríos, Santa Fe, Buenos Aires, Neuquén, Chubut, Santa Cruz, Tierra del Fuego, La Rioja, Catamarca