Laurik International
Lewe in Argentina-Taal en Mense
Ek kan julle nou vertel van hoe wonderlik dit is en dat ons baie veilig voel en skaars ons deure sluit maar ek glo nie iemand het lus vir nog so 'n storie nie so ek gaan julle liewer vertel van die gewone dinge hier.
Die eerste ding wat 'n mens moet weet as jy na Argentinië toe kom is dat die mense hier Spaans praat - "Castellano" soos hulle dit noem. Dit is effens anders as die Spaans wat hulle in Spanje en die res van Suid-Amerika praat en verskil veral in die aksent. Argentinië het 'n harder, duideliker vorm van praat en dit is nie so sleperig as die res van Suid-Amerika nie. (Wil dit net vinnig noem dat Brazil se amptelike taal Portugees is en nie Spaans nie).
Die jong mense leer elke keer meer Engels praat maar dit is baie basies en is meer in die lyn van "My name is... and I like to ..." eerder as 'n vlot gebruik van die taal. Die rede is eenvoudig, daar is geen nodigheid daarvoor in die algemene bestaan van die tipiese Argentyn nie. Alle TV, Radio en Flieks is in Spaans of het Spaanse onderskrifte. Dit is bykans onmoontlik om iemand te kry van ouer as 35 wat vlot kan Engels praat behalwe as hy vir die een of ander rede met die buitewêreld moes werk.
Dit is natuurlik lekker want jy weet dat jy van die suidste suidpunt in Ushuiaia (3000km suid van Buenos Aires) tot in die Verenigde State van Amerika met net een taal kan regkom. (behalwe nou vir Brazil) Almal verstaan mekaar en as iemand nie Spaans praat wil almal dadelik weet wie hy is en wat hy hier maak. As die mense hier hoor van Suid-Afrika met sy 11 amptelike tale dan klink dit vir hulle soos 'n storie en jy kan amper sien hoe idee vir hulle die Toring van Babel uitbeeld.
So gepraat van Babel en die Bybel, godsdiens hier is baie anderster as in Suid-Afrika maar ek sal meer daaroor vertel in my volgende skrywe.
'n Lekker dag verder en alles wat goed is.
Saludos
Die Argentyn

LAURIK INTERNATIONAL
Email: laurik@laurik.com.ar
Skype: laurikinternational
MSN: laurik.com.ar@hotmail.com
laurik@ laurik.com.ar
Tel: +54 11 5941 9637
Cel: +549 11 6274 5888
Cel: +549 11 6858 1982

Druk