Laurik International


Lewe in Argentina-Deel 2-Kerk en Geloof

Voordat ek egter begin wil ek net sê dat dit wat ek hier skryf my persoonlike opinie en ervaring is en dat ek nie hiermee bedoel om enige iemand of sy geloof aan te val nie. Dit is soos wat ek dit hier belewe en wat ek graag met julle wil deel aangesien dit verskil van wat 'n mens as algemeen beskou in Suid-Afrika.

In Argentinië is die meerderheidsgeloof Roomskatoliek. 95% van die nasionale bevolking beskryf hulself as Katoliek en die oorblywende 5% word tussen Protestante, Jode en ander gelowe opgedeel. Dit is nou hoe dit op papier lyk. Die werklikheid is soos altyd en natuurlik, anders. Dit sal my verbaas as 20% van alle Argentyne kergaande gelowiges is en meer as met troues, begrafnisse en miskien dope in enige vorm van kerk kom.

Wat ek nou hier skryf beteken nie dat almal goddelose ateiste is nie, dit is hier waar dinge verskil met Protestante oor die algemeen. Die Katolieke geloof, ten minste in Argentinië, word hier meer ervaar en gelewe as 'n tradisie, gewoonte en lewenswyse as 'n geloof. Vir die mense wat nie baie kontak het met Katolieke nie moet ek sê dat hulle in 'n sekere sin "beter" as Protestante is want die rol van die Kerk is ver wyer as net Sondag met miskien 'n bykomende weeklikse byeenkoms.

Hier is die kerke elke dag van die week oop en selfs vir kergaande mense is Sondag nie 'n beter of slegter dag om byeen te kom nie.

Voordat ek nou egter te diep in die geloofsake ingaan wil ek liewers net 'n beskrywing gee van kerksake hier in Argentinië.

Soos ek gesê het is die Katolieke geloof vir die meeste mense hier meer van 'n lewenswyse, tradisie en gewoonte en word daar bv. baie aandag gegee aan skenkings aan die Kerk, die aanbidding van heiliges (Saints), die gebruik van prentjies, medaljes of beeldjies naby jou in jou daaglikse lewe, die gewoonte om 'n kruis oor jou liggaam te maak wanneer jy verby 'n kerk stap en ook om bv. nie rooivileis te eet oor Pasnaweek nie wat hier by ons eintlik Paasweek is aangesien dit al die Woensdag begin en tot Sondag aanhou.

Argentyne oor die algemeen is dus nie kerkgaande mense nie maar die meeste mense hou ten minste by meer as een van die voorbeelde wat ek genoem het.

Wat ek verder ook wil noem is die feit dat Argentyne baie verdraagsaam is teenoor ander gelowe en ek as 'n Protestant nog nooit teen gediskrimineer is oor wat ek glo nie. Baie min mense vra jou uit oor wat jy glo en wanneer hulle dalk sou vra is hulle reaksie dieselfde as dit wat dit sou wees as iemand jou sou vra of jy koffie of tee (of maté) wil drink.

As opsomming wil ek dus net vir die mense sê wat nog nie in Argentinië was nie en die wat nog op pad is hierheen: Dit mag vreemd en oorweldigend lyk om oral Katolieke kerke, beelde en gewoontes te sien maar op die ou end van die dag is jy hier net so vry om jou godsdiens te beoefen as wat jy kan begeer.

Volgende keer sal ek graag oor 'n minder ernstige sakie wil skryf en julle graag vertel van die wild en maté hier in Argentinië.

'n Lekker dag verder vir almal.

Groete

Die Argentyn

Laurik International





LAURIK INTERNATIONAL

Email: laurik@laurik.com.ar

Skype: laurikinternational My status


MSN: laurik.com.ar@hotmail.com

laurik@ laurik.com.ar


Tel: +54 11 5941 9637

Cel: +549 11 6274 5888

Cel: +549 11 6858 1982





 



Op hierdie bladsy sal u inligting vind oor:  Afrikaans, Laurik International Consultancy, Argentinië, Argentina, Afrikaans, Landbou in Argentinie, Landbou in Argentinië, Agritoere, Landbou Toere, Plaastoere, Invoer en Uitvoer, Besoek Suid-Amerika, Afrikaans Spaans Vertaal, Afrikaans Spaans Tolk, Immigreer na Argentinië, Buenos Aires, argentinie, Argentyn, Boerdery in Argentinië, Boerdery in Argentinie, Toer in Argentinië, Toer in Suid-Amerika, Uitsaaines, Suid-Afrikaanse gemeenskap, Comodoro Rivadavia, Bariloche, Mielies, Soja, Koring, Beeste, Vleis, Landbou.com, Landbou Weekblad, ExpoAgro, ExpoAgro, invoer en uitvoer van produkte, laurik international, argentinie natuur, avontuurtoerisme, estancia, 4x4 in Suid-Amerika, Eko toeris, Liniers Vleismark, Mercado de Liniers, Patagonië, Patagonie, Patagonia, Mendoza Wyn, Argentinie natuur, Natuur, Gaucho, Argentyns, Argentynse, Tango, Polo, Malbec, Pumas Rugby, Sokker, Rugby, DaKar, Rally, Ruta 40, Roete 40, Belegging Argentinie, Belegging Argentinië, Plaas in Argentinië, Colon Teater, Teatro Colon, Falkland, Toere Suid-Amerika, Toere Argentina, Toere Argentinië, Mercosur, Uruguay, Colonia, Montevideo, Sao Paulo, Falklands, Jujuy, Salta, Santiago del Estero, Formosa, Misiones, Chaco, Tucuman, San Juan, San Luis, Córdoba, La Pampa, Mendoza, Río Negro, Corrientes, Entre Ríos, Santa Fe, Buenos Aires, Neuquén, Chubut, Santa Cruz, Tierra del Fuego, La Rioja, Catamarca