Laurik International


Argentynse Landbou Staking-Weergawe 2009
Goeie dag almal,

Vir die mense wat die titel van hierdie inskrywing gelees het en gewonder of dit 'n grap of 'n "bemarkings foefie" is het ek slegte nuus, dit is die waarheid.

Daar is sowaar 'n nuwe Argentynse Landbou Staking. Hierdie keer gaan dit nie oor hoe om die oorvloed te deel nie maar eerder oor hoe om die probleme te deel.

Soos wat enige boer weet, en politiesie moet leer, is daar beter jare en slegter jare in die landbou en moet 'n mens die een gebruik om die ander draagbaar te maak. Ongelukkig het die President Cristina Kirchner dit nie besef in die eerste jaar van haar presidentskap nie en wou net die landbou se oorvloed gebruik het om die staat se koffers te vul. 2009 is natuurlik so verskillend van 2008 as wat moontlik is met die huidige droogte en val in landbou pryse.
Meer inligting
Laurik International

Droogte in Argentina 2009 - Koring tekort
Beste Vriende,

Ek hoop dat dit met almal goed gaan in die eerste maand van die nuwe jaar.

Soos met my vorige skrywe wil ek vandag weer praat oor die droogte hier by ons en die gevolge daarvan. Die huidige situasie en komende voorspellings wys dat Argentinië en groot dele van Suid-Amerika tans onder die ergste droogte ly in 100 jaar.

Vandag is die eerste skatting ontvang vir die koring oes van 2009/10 ontvang en die syfers het sommige eksperte laat voorspel dat die oes van sy huidige grootte van 8.5 miljoen ton vir 2008/09 na minder as 5 miljoen ton kan afkom.
Meer inligting
Laurik International

Droogte in Argentina 2009

Beste Vriende,

Ek hoop dat dit goed gaan met julle en dat julle 'n goeie week gehad het en reg is vir 'n rustige lekker naweek met familie en/of vriende.

Hier in Buenos Aires gaan dit met ons goed en ons verdra die Somer hitte baie gemaklik met ons "aires" soos die Argentyne lugreëlaars hier noem.

Die onderwerp van my skrywe gaan oor die hitte maar hitte wat saak maak en nie met so 'n apparaat opgelos kan word nie.

Soos baie van julle weet is daar 'n droogte in Argentinië.

Ek het verlede jaar daaroor geskryf en ek het to my verbasing dieselfde artikel in die LandbouWeekbald tydskrif ook gesien.

Meer inligting
Laurik International

Dakar Resies Argentina 2009 - Fase11 en 12

Beste Vriende,

Ek vertrou dat dit goed gaan met julle almal.

Hierdie is net 'n kort inskrywing om vir die geïntereseerdes te laat weet wat tans met die Dakar Resies aan die gang is.

Sommige mense wonder dalk hoekom fase 11 gekanselleer is. Die rede is weersomstandighede en dit is omdat dit te mistig was. Nou as julle, soos ek, gewonder het wat dit beteken om 1 fase te kanselleer: die deelnemers ry steeds die beplande roete maar sonder om te jaag. Alles gaan voort volgens plan maar sonder die resies-effek wat onnodige gevare beteken vir die deelnemers weens die genoemde weersomstandigheid.

Meer inligting
Laurik International

Dakar Resies 2009 - Eerste Sterfte
Dakar Resies 2009: Eerste sterfte

3:17nm, Woensdag, 07 Jan, 2009

Beste Vriende:

Ek hoop dat dit goed gaan met julle en dat die nuwe jaar net goeie nuus bring.

Vandag skryf ek aan julle oor die Dakar Resies wat nou al goed gevorderd is maar ongelukkig sy eerste slagoffer geëis het.

Meer inligting
Laurik International

Dakar Resies 2009!

Beste Vriende, 

Alles van die beste vir 2009 met die Here se seën en beskerming vir alles wat voorlê. 

Vandag skryf ek aan julle oor 'n buitengewone gebeurtenis wat die hele Argentinië en later ook Chili aan die roer gaan hê. 

Vir dié wat dink dat Dakar in Afrika iewers is, dit is korrek, maar a.g.v. die onlangse veiligheidsprobleme op die resies se tradisionele roete het die organiseerders besluit om die geskiedkundige resies hier na Argentinië te skuif. 

Meer inligting
Laurik International

Bewerkte saai areas in Argentinië
Bewerkte saai areas in Argentinië



3:26nm, Donderdag, 18 Des, 2008

Beste Vriende,

Vandag skryf ek kortliks aan julle met die nuutste syfers oor gesaaide areas in Argentinië.

Volgens die Landbou Sekretariaat lyk die huidige seisoen as volg:

Meer inligting
Laurik International

Vryehandelsooreenkoms - Mercosur-SACU
Vryehandelsooreenkoms: Mercosur-SACU

4:35nm, Vrydag, 12 Des, 2008

Beste Vriende,


Vandag skryf ek weereens aan julle oor 'n opwindende en ek glo positiewe verwikkeling.


Die nuus is dat die jare-lange onderhandeling tussen twee van die belangrikste handelsblokke in die suidelike halfrond eindelik voltooi is en dat daar nou nog net formaliteite oorbly voordat die ooreenkoms in werking tree.

Meer inligting
Laurik International

Demokrasie verjaar in Argentinië
Demokrasie verjaar in Argentinië!!

11:47nm, Donderdag, 11 Des, 2008

Goeie dag Vriende,


Ek skryf vandag aan julle oor 'n meer plesierige sakie en dit is dat ononderbroke demokrasie gister 25 jaar oud geword het in Argentinië!


Dit is nou presies 'n kwart eeu nadat die laaste militêre regering die stuur oorgegee het aan Argentinië se Pres. Raúl Alfonsin op 10 Desember 1983.


Meer inligting
Laurik International

Kunsmis - Verskaffings onafhanklikheid
Kunsmis - Verskaffings onafhanklikheid

12:57nm, Maandag, 08 Des, 2008

Beste Vriende,


Ek vertrou dat dit goed gaan en dat julle die naweek gniet het.


Hier in Buenos Aires gaan dit goed en dit word weer vinnig warm na 'n baie aangename paar dae verlede week.


Vandag wil ek vir julle 'n bietjie vertel van 'n interessante verwikkeling wat hier in ons wêreld aan die broei is.


In hierdie onsekere tyd in die globale ekonomie het die landbou ministers van die MERCOSUR en geassosieerde lande begin om die moontlikheid te ondersoek om die streek se afhanklikheid van ingevoerde kunsmis te verminder.

Meer inligting
Laurik International





LAURIK INTERNATIONAL

Email: laurik@laurik.com.ar

Skype: laurikinternational My status


MSN: laurik.com.ar@hotmail.com

laurik@ laurik.com.ar


Tel: +54 11 5941 9637

Cel: +549 11 6274 5888

Cel: +549 11 6858 1982





 



Op hierdie bladsy sal u inligting vind oor:  Afrikaans, Laurik International Consultancy, Argentinië, Argentina, Afrikaans, Landbou in Argentinie, Landbou in Argentinië, Agritoere, Landbou Toere, Plaastoere, Invoer en Uitvoer, Besoek Suid-Amerika, Afrikaans Spaans Vertaal, Afrikaans Spaans Tolk, Immigreer na Argentinië, Buenos Aires, argentinie, Argentyn, Boerdery in Argentinië, Boerdery in Argentinie, Toer in Argentinië, Toer in Suid-Amerika, Uitsaaines, Suid-Afrikaanse gemeenskap, Comodoro Rivadavia, Bariloche, Mielies, Soja, Koring, Beeste, Vleis, Landbou.com, Landbou Weekblad, ExpoAgro, ExpoAgro, invoer en uitvoer van produkte, laurik international, argentinie natuur, avontuurtoerisme, estancia, 4x4 in Suid-Amerika, Eko toeris, Liniers Vleismark, Mercado de Liniers, Patagonië, Patagonie, Patagonia, Mendoza Wyn, Argentinie natuur, Natuur, Gaucho, Argentyns, Argentynse, Tango, Polo, Malbec, Pumas Rugby, Sokker, Rugby, DaKar, Rally, Ruta 40, Roete 40, Belegging Argentinie, Belegging Argentinië, Plaas in Argentinië, Colon Teater, Teatro Colon, Falkland, Toere Suid-Amerika, Toere Argentina, Toere Argentinië, Mercosur, Uruguay, Colonia, Montevideo, Sao Paulo, Falklands, Jujuy, Salta, Santiago del Estero, Formosa, Misiones, Chaco, Tucuman, San Juan, San Luis, Córdoba, La Pampa, Mendoza, Río Negro, Corrientes, Entre Ríos, Santa Fe, Buenos Aires, Neuquén, Chubut, Santa Cruz, Tierra del Fuego, La Rioja, Catamarca