Laurik International
Kyk hier vir meer inligting oor Agritoere
Besigheid tot Besigheid:
- geleenthede -
Laurik International se doel is om struikelblokke soos verskillende tale, kulture, historiese omstandighede en besigheidsgebruike uit die weg te ruim in die interaksies tussen Suid-Afrikaanse en Argentynse besighede, munisipale en provinsiale regerings. Hierdie faktore is dikwels verantwoordelik vir onsuksesvolle onderhandelinge.
Laurik International het hoogsgespesialiseerde personeel wat opgelei is om onderhandelinge te lei tussen groepe met verskillende agtergronde en kan dus verseker dat daar nie onnodige komplikasies is gedurende die verloop van sake nie.
Om die suksesvolle uitkomste in die interaksies tussen die bogenoemde rolspelers te verseker bied Laurik International die volgende dienste:
- die opname en analise van data wat betrekking het op die onderwerp van die studie wat u benodig
- die skryf en opstel van verslae wat georiënteer is volgens die behoeftes en doelwitte van ons kliënte maar wat ook praktiese en belangrike informasie soos die regs en burokratiese vereistes insluit.
- bemiddeling tussen die Suid-Afrikaanse en Argentynse rolspelers
- onderhandelinge namens een van die partye
- die bevordering van internasionale samewerking tussen munisipale en provinsiale regerings van die verskillende lande.
Indien u geïnteresseerd is in die in en/of uitvoer van produkte kan Laurik International optree as middelaar of as onafhanklike invoerder/uitvoerder aangesien die besigheid 'n geregistreerde invoerder/uitvoerder is.
By Laurik International is die klem op dienslewering van 'n baie
hoë gehalte wat pasgemaak is vir elke kliënt en die dienste
wat ons verskaf is vertroulik en heeltemal deursigtig.
Hier kan u meer inligting oor die landbou toere wat deur Laurik International aangebied word vind
Ons huidige toere sluit die volgende roetes in:
->Noord-oos en Sentraal Argentinië
->Noord-oos en Noord-wes Argentinië
->Noord-wes en sentraal Argentinië
->Patagonië
->Sentraal en Wes Argentinië
Laurik International se agritoer dienste:
Slegs Laurik International bied u reisprogramme wat u sal toelaat om Argentinië
se landbou heeltemal te verstaan en met 'n diens wat 24 uur van die dag en 7 dae
van die week beskikbaar is om u vrae te beantwoord en te verskerk dat u besoek
waarlik produktief is en waarde vir geld waarborg.
Ons bied twee verskillende soorte agritoere: standaard voorafopgestelde besoeke
en pasgmeaakte, verpersoonlike toere wat vir elke kliënt apart opgestel word.
Die eersgenoemde opsie sal u toelaat om die belangrikste areas te besoek en 'n
algemene beeld te verkry van die belangrikste landbouaktiwiteite wat in
Argentinië beoefen word. Ons stel hierdie toere voor vir die persone wat nog nie
vantevore die land besoek het nie of nie spesifieke voorafbepaalde vereistes het
nie.
Die tweed opsie is vir die persone met spesifieke belangstellings en vereistes
in die Argentynse landbou. Kontak ons gerus en ons sal u met graagte van diens
wees met die opstel van 'n reisplan wat u spesifieke behoeftes aanspreek.
Laurik International se dienste sluit die volgende in:
- vervoer
- verblyf
- etes
- besigtiging
- ervare kenners wat as toerleiers optree en meer inligting kan verskaf soos benodig word
- gespesialiseerde gidse
- vertalers (indien benodig word)
Laurik International se dienste verseker dat u waarde vir geld sal kry en
antwoorde op u vrae. U tyd is waardevol en ons verseker maksimum produktiwiteit.
Ons bied ook toere vir ander lande in Suid-Amerika.
Deur op die kaart te druk kan u meer inligting bekom oor die verskillende provinsies van Argentinië
Argentinië in syfers
Oppervlakte:
3,761,274 Km²
Bevolking:
Manlik:17.659.072
Vroulik: 18.601.058
Totaal: 36.260.130
Amptelike taal:
Spaans (Castellano)
President:
Cristina Fernandez de Kirchner
Hoof politieke partye:
- Afirmación para una República Igualitaria (ARI)
- Frente para la Victoria
- Partido Justicialista (PJ)
- Propuesta Republicana (PRO) - 'n verkiessings party
gevorm deur:
* Compromiso para el Cambio
* Recrear para el Crecimiento - Unión Cívica Radical (UCR)
Ander politieke partye tans aktief in Argentinië:
* Partido Comunista (Argentina) (PCA)
* Movimiento Socialista de los Trabajadores (MST)
* Movimiento al Socialismo (MAS)
* Movimiento de Integración y Desarrollo (MID)
* Movimiento por la Dignidad y la Independencia (Modín)
* Nueva Dirigencia
* Partido Bloquista
* Partido Comunista Revolucionario (PCR)
* Partido del Progreso Social (PPS)
* Partido de la Liberación (PL)
* Partido de Trabajadores por el Socialismo (PTS)
* Partido Demócrata Progresista (PDP)
* Partido Demócrata Cristiano (PDC)
* Partido Federal
* Partido Humanista (PH)
* Partido Intransigente (PI)
* Partido Popular (PP)
* Partido Socialista (PS)
* Partido Socialista Auténtico (PSA)
* Partido Obrero (PO)
* Unión de Centro Democrático (UCD)
Hoof politieke kwessies:
- Landbou Belastings op uitvoere
- Presidensiële kragte
- Despotisme
- Hoëspoed trein tussen Buenos Aires, Córdoba en Rosario
- Sensorskap
- Inkomste verspreiding
- Nie deursigtigheid van politiek
- Tekort aan politieke verantwoording
- Verhouding met die V.S.A.
- Verhouding met MERCOSUR
- Verhouding met Uruguay
- Verhouding met Venezuela
- Verhouding met die V.K. aangaande die toekoms van die Falkland Eilande
Bruto Nasionale Produk:
USD 211 miljard
Bruto Nasionale Produk per persoon:
USD 13 298
Geld eenheid:
Argentynse Peso (ARS) (huidige waarde wissel tussen ARS3.10 en ARS 3.15 per USD)
HDI: (Mense Ontwikkelings Indeks)
Argentinië het 'n waarde van 0.863 op die VN se Mense Ontwikkelings Indeks, wat hierdie land in die 36ste posisie plaas op 'n lys van 177 lande.
Uitvoere:
Voedingsolies, Brandstof en energie, Graan, Voer en Motorvoertuie
Invoere:
Masjienerie en toerusting, Motorvoertuie, Chemikalieë, Staalprodukte en Plastiek
Hoof ekonomiese sake:
- Inflasie - Offisieel vs. Werklik
- Wisselkoers - Moet die peso op die huidige vlak bly of sterker word teen die Doller.
- Belastings op uitvoere, veral landbou produksie
- Verhouding met internasionale finansiële organisasies
- Ekonomiese groei - Moet die ekonomie afgekoel of aangehelp word
Samelewing
- Klimaatverandering
Ander:
Reis beplanning: besigheids en plesier reise
Laurik International kan u met alle aspekte van u reis - besigheid of
plesier - bystaan en u hotelbesprekings maak, verskillende toere
reël en selfs help om ontmoetings en vergaderings te
organiseer.
Ons bied u pasgemaakte
reispakette aan vir alles van avontuurtoerisme tot toere om
Argentinië se wereldbekende boerderye te besoek. As u nie kan vind waarna u soek by u plaaslike reisagentskap nie - probeer ons. U sal verbaas wees hoe maklik dit is.
Ons is trots om u
toere te kan bied wat presies is net soos wat u dit wil hê, sodat u
alles kan sien en doen soos u dit die beste vind.
Konsultasie
- Besigheid tot Besigheid
- Eiendomsverhandelinge
- Bemiddeling en Onderhandeling
- Impakstudies
- Politieke en ekonomiese studies
Laurik International bied 'n spesialisdiens wat verseker dat u 'n
multidisiplinêre verslag sal kry wat die Argentynse werklikheid in
al sy aspekte - polities, ekonomies en sosiaal - beskryf sonder om
die doelwit wat u wil bereik uit die oog te verloor.
Ons mikpunt is om u,
ons kliënt, 'n diens te verskaf wat verseker dat u die volle
potensiaal van die besigheidsgeleenthede wat Argentinië en Suid-Amerika bied te bereik.
Ons spesialiste kan u ook help om die volle potensiaal van die Mercosur ekonomiese blok te
benut.
Laurik International se verslae word eksklusief en vertroulik vir elke
kliënt opgestel en neem veral die aspekte in ag waarin ons kliënte belang stel.
Eiendomsverhandeling
Laurik International bied u 'n spesialisdiens wat verseker dat u die eiendom in Argentinië kan opspoor waarna u op soek is. Ons agente streef daarna om u eiendomme te beid en u in te lig van al die aspekte wat die koop en besit van 'n eiendom in Argentinië behels.
Agritoere
Argentinië, bekend as die wêreld
se graanskuur, is die top bestemming en 'n logiese keuse vir enige iemand wat
meer van die landbou wil weet en dit eerstehands wil beleef.
Laurik International bied u reisprogramme wat u sal toelaat om Argentinië se landbou
heeltemal te verstaan en met 'n diens wat 24 uur van die dag en 7 dae van die
week beskikbaar is om u vrae te beantwoord en te verskerk dat u besoek waarlik
produktief is en waarde vir geld waarborg.
Invoer en Uitvoer
Laurik International is 'n geregistreerde uitvoerder en
invoerder.
Ons spesialiseer
daarin om u onderhandelinge en interaksies met Argentynse en
Suidamerikaanse besighede te vergemaklik en ons kan ook die produkte
waarin u geïnteresseerd is in en uitvoer.
Ons spesialiste sal u
'n verslag lewer waarin die spesifieke marktoestande, reëls en
regulasies vir die spesifieke produk of sektor waarin u belangstel
in ag geneem word.
Maar meer as dit kan
ons 'n aktiewe rol speel in die res van die proses om seker te maak
dat die beplande transaksie suksesvol is.
Gesproke en Geskrewe vertaling
Laurik International bied u geskrewe en gesproke vertalings in die volgende tale:
- Afrikaans,
- Engels,
- Spaans,
- Italiaans en
- Frans.
Laurik International se vertalingsdienste is van 'n baie hoë gehalte en die spesifieke
tema wat behandel word word in ag geneem om te verseker dat die
vertaling gekontekstualiseerd is.
Ons vertalingsdienste
is van so 'n aard en kwaliteit dat taal nie meer 'n rede gaan wees
om nie besigheid in Argentinië en Suid-Amerika te doen
nie.
Argentinië-Die toerisme-oord wat waarde vir geld waarborg!
Kyk gerus na die voorgestelde standaard en "superior" pakkette wat ons bied
Besoek ook die bladsye wat die verskillende dele van Argentinië meer breedvoerig bespreek:
Besoek die land met uitstappies en geleenthede vir al die ouderdomme, al die smake en al die begrotings!!
Of u meer geïnteresseer is daarin om te rus in Buenos Aires terwyl u die asemrowende Tango-vertonings en smaaklike etes geniet en of dit avontuurtoerisme, plaastoere, visvang of ekotoerisme is waarin u belang stel...Argentinië is dié plek vir u.
Slegs Laurik International waarborg u pasgemaakte toere in Afrikaans in Argentinië PRESIES soos u dit wil hê.
Maak seker dat u elke minuut in Argentinië ten volle benut en laat ons toe om u die wêreld in 'n week te wys!
Terwyl u in Buenos Aires is kan u die volgende aktiwiteite oorweeg:
Begeleide stadstoere gedurende die dag
Begeleide stadstoere gedurende die nag
'n dag uitstappie na'n tradisionele Argentynse plaas waar u 'n tipiese asado en wyn kan geniet.
Aandetes in die top Buenos Aires Tango restaurante.
Indien u meer belang stel in avontuur toerisme is die noorde van
Argentinië dié plek om te besoek. Hier kan u o.a. stap,
perd ry, bergklim en kanoevaart geniet.
As u ook wil ski en/of ander Wintersport wil beoefen dan is die
Westelike en Suid-Westelike deel van Argentinië waarheen 'n mens
moet reis.
Argentinië bied van die wêreld se beste
ski-oorde en die altyd teenwoordige Andes gebergtes in die agtergrond
verseker 'n onvergeetbare vakansie.
Patagonië, die Switserland van die Suidelike Halfrond, bied, behalwe onmoontlike mooi natuurtonele en die sport geleenthede verskillende aktiwiteite vir die besoeker, daar kan 'n mens o.a. vis vang, voëls bestudeer, jag en vele meer.
Vir die eko-toeris bied Argentinië ook 'n besonderse
verskeidenheid van ongetemde, wilde natuur wat net wag om ontdek te
word.
Die gewildste aktiwiteite is lang-afstand stap in die
Nasionale Parke, en walvis en voël waarnemings.
Privacy Policy Statement
This is the web site of Laurik International.
Our postal address is
C.C. 24 Sucursal 33 (B)
Barracas,
Capital Federal, 1433, Argentina
We can be reached via e-mail at laurik@laurik.com.ar
or
you can reach us by telephone at +54 11 5941 9637
For each visitor to our Web page, our Web server automatically recognizes only the consumer's domain name, but not the e-mail address (where possible).
We collect only the domain name, but not the e-mail address of visitors to our Web page, the e-mail addresses of those who post messages to our bulletin board, the e-mail addresses of those who communicate with us via e-mail, the e-mail addresses of those who make postings to our chat areas, aggregate information on what pages consumers access or visit, information volunteered by the consumer, such as survey information and/or site registrations, name and address, telephone number, no information on consumers who browse our Web page.
The information we collect is used for internal review and is then discarded, used to improve the content of our Web page, used to notify consumers about updates to our Web site, used by us to contact consumers for marketing purposes, disclosed when legally required to do so, at the request of governmental authorities conducting an investigation, to verify or enforce compliance with the policies governing our Website and applicable laws or to protect against misuse or unauthorized use of our Website.
With respect to cookies: We do not set any cookies.
If you do not want to receive e-mail from us in the future, please let us know by sending us an e-mail at the above address.
If you supply us with your postal address on-line you will only receive the information for which you provided us your address.
Persons who supply us with their telephone numbers on-line will only receive telephone contact from us with information regarding services they have requested on-line.
Please provide us with your name and phone number. We will be sure your name is removed from the list we share with other organizations.
With respect to Ad Servers: We do not partner with or have special relationships with any ad server companies.
From time to time, we may use customer information for new, unanticipated uses not previously disclosed in our privacy notice. If our information practices change at some time in the future we will contact you before we use your data for these new purposes to notify you of the policy change and to provide you with the ability to opt out of these new uses.
Customers may prevent their information from being used for purposes other than those for which it was originally collected by e-mailing us at the above address.
Upon request we provide site visitors with access to contact information (e.g., name, address, phone number) that we maintain about them, a description of information that we maintain about them.
Consumers can access this information by e-mailing us at the above address.
Upon request we offer visitors the ability to have inaccuracies corrected in contact information.
Consumers can have this information corrected by sending us e-mails at the above address.
With respect to security: We have appropriate security measures in place in our physical facilities to protect against the loss, misuse or alteration of information that we have collected from you at our site.
If you feel that this site is not following its stated information policy, you may contact us at the above addresses or phone number.
Eiendomsverhandeling en ontwikkeling
Inleiding
Hoekom Argentinië?
Argentinië bied 'n groot verskeidenheid van klimaat- en geografiese streke wat verseker dat elke potensiële belegger die eiendom sal kan bekom wat aan sy verwagtinge en doelwitte voldoen.
Hoof areas:
Om die soektog na 'n gepaste belegging en eiendom te vergemaklik is Argentinië in 4 hoof streke opgedeel. Alhoewel elke hoof streek verder opgedeel kan word glo ons dat hierdie klassifikasie die aanvanklike soektog aansienlik vergemaklik.
Die hoof streke is as volg:
- Die Pampas
Hierdie streek word deur die provinsies van Buenos Aires, La Pampa, Santa Fe en die suidelike deel van die provinsie van Córdoba gevorm. In hierdie streek word die grootste gedeelte van Argentinië se landbouprodukte geproduseer. Veral sojaboontjies, mielies, sonneblom en koring word hier geplant. Hierdie is ook die streek waar die wêreldbekende Argentynse beesvleis oorspronklik geproduseer word alhoewel die onlangse ontwikkelinge in die prys van graan 'n groot invloed het op die hoeveelheid grond wat aan die produksie van vleis toegewy word.
- Patagonië:
Hierdie streek wat ongeveer 25% van Argentinië se grondoppervlakte beslaan het 'n baie droë klimaat wat dit gepas maak vir skaapproduksie.
Dit is ook in hier waar 'n kolonie Suid-Afrikaners hulle meer as 100 jaar gelede gevestig het na die oorlog teen Groot Bretanje.
In Patagonië (veral in die provinsie van Río Negro), nader aan die Andesgebergtes, word daar ook vrugte geproduseer terwyl vissery belangriker is aan die kus van die Atlantiese Oseaan.
Mynbou is ook belangrik.
- Die stad van Buenos Aires:
Hierdie stad wat bekend staan as die Parys van die Suide bied vele geleenthede vir die ingeligde belegger wat op soek is na 'n eiendom in die buiteland. Buenos Aires, met sy vele woongebiede en voorstede, bied 'n magdom keuses en moontlikhede, genoeg om aan almal se verwagtinge te voldoen en met die stad se konstante groei is daar altyd persone wat na nuwe eiendomme, kommersieel en residensieel, op soek is.
- Die Noorde:
Hierdie area kan in die Noordooste en die Noordweste gedeel word. Die Noordooste is meer geskik vir die produksie van gewasse soos katoen en mate maar aangesien daar ?n sekere mate van klimaatverandering in Argentinië aan die gang is word ander gewasse soos sojabone ook nou hier geproduseer.
Die Noordwestelike area se klimaat word tot 'n groot mate deur sy kontak met die Andesgebergte bepaal en ook deur sy buitengewone hoogte bo seespieël.
In albei van hierdie areas is die mees vrugbare dele na aan die valeie en is dit beslis 'n area vir die toekomstige belegger om in ag te neem.
Aspekte om in ag te neem:
Die Argentynse Grondwet waarborg die individu, burgers of buitelanders, se reg om privaateiendom te besit en hierdie reg is geskiedkundig nog altyd gerespekteer.
Hoekom Laurik International en nie tradisionele eiendomsagentskappe nie?
Daar is 'n merkwaardige en kwalitatiewe verskil tussen die dienste wat 'n tradisionele eiendomsagentskap en Laurik International kan bied.
Die grootste verskil is dat Laurik International eerste na ons kliënte luister en daarna eiendomme, volgens die vereistes van ons kliënte soek, eerder as om te probeer om eiendomme aan ons kliënte te verkoop omdat ons reeds 'n ooreenkoms met die verkoper het. Laurik International besef dat dit 'n groot onderneming is om 'n belegging in die buiteland aan te pak en ondersoek dus al die moontlikhede saam met ons kliënte eerder as om voorafopgestelde formules te verkoop. Laurik International se personeel sal elke stap van die proses saam met ons kliënte ontleed en seker maak dat alle onduidelikhede uitgeklaar is voordat die transaksie beklink word.
Behalwe die standaard dienste wat deur eiendomsagentskappe gelewer word bied Laurik International ook die volgende:
- Berading gedurende die aanvanklike soek periode
- Berading en advies met die keuses tussen moontlike eiendomme
- Onderhandelinge namens u indien u hierdie diens verlang
- Bemiddeling indien dit benodig word om die transaksie se uitkoms te bevorder
- Administrasie van die finansiële en regsaspekte vir die oordraag en onderhoud van u eiendom
Kontak ons gerus vir meer inligting oor die moontlikhede van huur, koop, verkoop en finansiering van eiendomme in Argentinië
Die Boere in vandag se Argentinië
Die wonderlike geskiedenis en hede van 'n merkwaardige gemeenskap100 jaar Boere in Argentinië: 1902 - 2002
Oorspronklike navorsing, teks en samestelling deur Jerónimo Ignacio Pino Coviello - 'n Argentyn wat uit belangstelling vir Afrikaans dié taal bemeester het en aangepas deur Hendrik Jordaan wat reeds vir die afgelope 10 jaar in Argentinië woon vir publikasie op Laurik International se webwerf.
Afrikaners in Suid-Argentinië
Daar was altyd 'n besonderse verwantskap tussen Argentinië en Suider Afrika. Aan die begin van die twintigste eeu het Argentinië 'n beleid gehad om die Argentynse grondgebied te bevolk. Die Argentynse landbouminister Dr Wenceslao Escalante was die persoon wat die boerevolksplanting in Argentinië bevorder het.
Met die einde van die Anglo-Boereoorlog was Julio A. Roca, van Tucumán, president van Argentinië. 'n Aansienlike aantal boere het na die oorlog besluit om na ander lande te emigreer.
Verskeie families emigreer na Argentinië vir 'n belangrike rede: die Suid-Afrikaanse hoogvlakte van die Klein en Groot Karoo en die Argentynse hoogvlakte van Patagonië (Patagonia) vertoon baie ooreenkomste en albei gebiede is geskik vir skaapteelt. Afvaardigings van Argentynse amptenare het na Suid-Afrika gegaan om die Argentynse grond vir die belangstellende boere aan te bied.
Van die eerste groepe wat Argentinië gekies het was die families Visser, Dolten, Behr en De Merillad. In April 1902 het hulle voet op Argentynse bodem gesit. Hulle het eers na Buenos Aires gegaan en ná dit het hulle na Comodoro Rivadavia gereis. Comodoro Rivadavia, naby die stad Sarmiento, is 'n hawe wat ontwikkel het a.g.v. die ontdekking van aardolie. Dié belangrike gebeurtenis is in baie koerante van Buenos Aires opgeteken; die eerste 7 families, op 3 Junie van dieselfde jaar...
Dit sou die "Colonia Bóer" vorm.
Nuwe immmigrante
In 1903 het byna 100 ander mense in Suid-Afrika ook besluit om na Argentinië te emigreer na die goeie nuus van die Afrikaners in Argentinië verneem het. In November 1905 kry Argentinië meer Afrikaners; die derde groep bestaan uit 300 mense. Twee jare later besef die Argentynse regering dat die boerderygrond in die Chubut-gebied groter geword het vanweë die aansienlike aantal Boere in Sarmiento. In 1910 en 1920 gaan 'n groep Afrikaners egter terug na Suid-Afrika met die stigting van die "Unie van Suid-Afrika". Hierdie nuwe staat het meer outonomie gehad as toe dit 'n Britse kolonie was.
Party familiename wat ons deesdae in Comodoro Rivadavia en Sarmiento kan vind is onder andere Myburg, Trichardt, Visser, de Bruyn, Ellof/Eloff, Botha, Norval, Vorster, Dekker, Grombeeck, Blackie, Venter, Lubbe en Kruger.
Die
huidige Boere se lewe in Argentinië
Comodoro Rivadavia is die Suid-Afrikaanse gemeenskap se belangrikste plek. Sarmiento, Rada Tilly en op die platteland naby hierdie stede bly verskeie ander Boere. Sierra Chaira, baie ver van enige stad, noordelik van Sarmiento - wat Staalberg in Afrikaans is - is die plek waar die BoereSports elke jaar gevier word. Die mense wat ouer is as 45-50 jaar, praat nog vlot Afrikaans; die jonges praat dit nie meer nie, maar die meerderheid verstaan dit. Hulle praat ook almal Spaans, maar geeneen van hulle het Engels as huistaal nie. Niemand in Argentinië praat Engels in die huis nie. Indien ons Engels leer, is dit as 'n buitelandse taal.
Hierdie gemeenskap is in die Chubut provinsie, in die groot dorslandgebied wat Patagonië genoem word, 'n gebied baie ryk aan die petroleum. Die Suid-Afrikaners wat hier die petroleum gevind het, was eintlik besig om water te soek, maar vind toe onverwags hierdie belangrike en kosbare hulpbron. Deesdae is Comodoro Rivadavia die belangrikste petrolgebied in Argentinië, asook in die hele suidelike deel van Suid-Amerika.
Die
Suid-Afrikaanse-Argentynse Monument
Die Suid Afrikaanse-Argentynse Monument in die stad van Comodoro Rivadavia wat die 100 jaar van die Boere Gemeenskap in Argentinië herdenk is in 2002 gebou.
Op dieselfde monument staan die vanne gekerf van Boere wat ná die Anglo-Boereoorlog hiernatoe geëmigreer het, byvoorbeeld, Van der Merwe, Viviers, Kruger, Van Wyk, Visser, Naudé, Van der Walt, Blackie, Botha, Van der Linde, De Bruyn, Joubert, Vorster, Snyman, Du Plessis, Pienaar, Dickanson, Myburgh, Van Heerden, Grobelaar, Edwards, Van Zyl, Venter, Coetzee, Schlebusch, om net 'n paar vanne te noem, ensovoorts. EER JOU VADER EN JOU MOEDER, is ook op die monument geskryf.
Sterk identiteitsbewussyn
Ja, daar is 'n straat in Comodoro Rivadavia wat "Colonos Sudafricanos" genoem is. Dit is Spaans en beteken "Suid-Afrikaanse Nedersetters". Hierdie straat het net 'n klein rukkie gelede van naam verander, en gelukkig herdenk hierdie straat nou die Suid-Afrikaners. Die mense wat in daardie straat woon het self vir die munisipaliteit om naamsverandering gevra. Baie van hulle is mos Afrikaners.
Teenswoordig hou die boeregemeenskap vas aan sy tradisies. Die Argentynse Boere teel skape, hulle kook nog Suid-Afrikaanse geregte, hulle behoort aan die Nederduits Gereformeerde Kerk en hulle sing met nostalgie en geesdrif baie liedjies, soos Sarie Marais, Tannie met die rooi rokkie, en Suikerbossie. Soos gesê praat die meeste mense van 45 jaar en ouer nog vlot Afrikaans, jonk en oud eet nog biltong en talle ander tradisionele kos, maar hulle het ook ontvankelik geblyk vir baie Argentynse kenmerke soos die Argentynse mate, of die woordjie 'che', wat 'n mens gebruik wanneer jy praat met 'n vriend. Party Boere het in 1982 in die Falkland (Malvinas) oorlog geveg, weer eens teen die Engelse, en hierdie keer onder die vlag van hulle nuwe nasie, Argentinië. Hulle het met hul kinders en kleinkinders gehelp aan die ontwikkeling van die suide van Argentinië, in die onbekende en onontginde Patagonia, waar hulle nooit hoop opgegee het nie.
Landbou Sake
Druk hier vir inligting oor Agritoere
Op hierdie bladsy kan u basiese inligting oor Argentinië se landbouindustrie bekom.
Die doel van hierdie afdeling is om die besoeker toe te laat om op een plek al die
inligting te kry om meer van hierdie landbouparadys te wete te kom sonder om
nodig te hê om rond te soek en onvolledige inligting te bekom.
Argentinië, bekend as die wêreld se graanskuur, is die top bestemming en 'n logiese keuse vir enige iemand wat meer van die landbou wil weet en dit eerstehands wil belewe.
Agritoere kan beskryf word as 'n besoek aan 'n plaas of enige ander agri-besigheid met die doel om meer te leer van of aktief deel te neem aan die verskillende werke op die plaas of onderneming.
| Siguiente >> | Último |> |
Seksie 1 tot 10 as 59
LAURIK INTERNATIONAL
Email: laurik@laurik.com.ar
Skype: laurikinternational
MSN: laurik.com.ar@hotmail.com
laurik@ laurik.com.ar
Tel: +54 11 5941 9637
Cel: +549 11 6274 5888
Cel: +549 11 6858 1982
Druk



