Laurik International
| Soek | |||
| Eiendomsverhandeling | |||
Eiendomsverhandeling en ontwikkeling
Inleiding
Hoekom Argentinië?
Argentinië bied 'n groot verskeidenheid van klimaat- en geografiese streke wat verseker dat elke potensiële belegger die eiendom sal kan bekom wat aan sy verwagtinge en doelwitte voldoen.
Hoof areas:
Om die soektog na 'n gepaste belegging en eiendom te vergemaklik is Argentinië in 4 hoof streke opgedeel. Alhoewel elke hoof streek verder opgedeel kan word glo ons dat hierdie klassifikasie die aanvanklike soektog aansienlik vergemaklik.
Die hoof streke is as volg:
- Die Pampas
Hierdie streek word deur die provinsies van Buenos Aires, La Pampa, Santa Fe en die suidelike deel van die provinsie van Córdoba gevorm. In hierdie streek word die grootste gedeelte van Argentinië se landbouprodukte geproduseer. Veral sojaboontjies, mielies, sonneblom en koring word hier geplant. Hierdie is ook die streek waar die wêreldbekende Argentynse beesvleis oorspronklik geproduseer word alhoewel die onlangse ontwikkelinge in die prys van graan 'n groot invloed het op die hoeveelheid grond wat aan die produksie van vleis toegewy word.
- Patagonië:
Hierdie streek wat ongeveer 25% van Argentinië se grondoppervlakte beslaan het 'n baie droë klimaat wat dit gepas maak vir skaapproduksie.
Dit is ook in hier waar 'n kolonie Suid-Afrikaners hulle meer as 100 jaar gelede gevestig het na die oorlog teen Groot Bretanje.
In Patagonië (veral in die provinsie van Río Negro), nader aan die Andesgebergtes, word daar ook vrugte geproduseer terwyl vissery belangriker is aan die kus van die Atlantiese Oseaan.
Mynbou is ook belangrik.
- Die stad van Buenos Aires:
Hierdie stad wat bekend staan as die Parys van die Suide bied vele geleenthede vir die ingeligde belegger wat op soek is na 'n eiendom in die buiteland. Buenos Aires, met sy vele woongebiede en voorstede, bied 'n magdom keuses en moontlikhede, genoeg om aan almal se verwagtinge te voldoen en met die stad se konstante groei is daar altyd persone wat na nuwe eiendomme, kommersieel en residensieel, op soek is.
- Die Noorde:
Hierdie area kan in die Noordooste en die Noordweste gedeel word. Die Noordooste is meer geskik vir die produksie van gewasse soos katoen en mate maar aangesien daar ?n sekere mate van klimaatverandering in Argentinië aan die gang is word ander gewasse soos sojabone ook nou hier geproduseer.
Die Noordwestelike area se klimaat word tot 'n groot mate deur sy kontak met die Andesgebergte bepaal en ook deur sy buitengewone hoogte bo seespieël.
In albei van hierdie areas is die mees vrugbare dele na aan die valeie en is dit beslis 'n area vir die toekomstige belegger om in ag te neem.
Aspekte om in ag te neem:
Die Argentynse Grondwet waarborg die individu, burgers of buitelanders, se reg om privaateiendom te besit en hierdie reg is geskiedkundig nog altyd gerespekteer.
Hoekom Laurik International en nie tradisionele eiendomsagentskappe nie?
Daar is 'n merkwaardige en kwalitatiewe verskil tussen die dienste wat 'n tradisionele eiendomsagentskap en Laurik International kan bied.
Die grootste verskil is dat Laurik International eerste na ons kliënte luister en daarna eiendomme, volgens die vereistes van ons kliënte soek, eerder as om te probeer om eiendomme aan ons kliënte te verkoop omdat ons reeds 'n ooreenkoms met die verkoper het. Laurik International besef dat dit 'n groot onderneming is om 'n belegging in die buiteland aan te pak en ondersoek dus al die moontlikhede saam met ons kliënte eerder as om voorafopgestelde formules te verkoop. Laurik International se personeel sal elke stap van die proses saam met ons kliënte ontleed en seker maak dat alle onduidelikhede uitgeklaar is voordat die transaksie beklink word.
Behalwe die standaard dienste wat deur eiendomsagentskappe gelewer word bied Laurik International ook die volgende:
- Berading gedurende die aanvanklike soek periode
- Berading en advies met die keuses tussen moontlike eiendomme
- Onderhandelinge namens u indien u hierdie diens verlang
- Bemiddeling indien dit benodig word om die transaksie se uitkoms te bevorder
- Administrasie van die finansiële en regsaspekte vir die oordraag en onderhoud van u eiendom
Kontak ons gerus vir meer inligting oor die moontlikhede van huur, koop, verkoop en finansiering van eiendomme in Argentinië
LAURIK INTERNATIONAL
Email: laurik@laurik.com.ar
Skype: laurikinternational
MSN: laurik.com.ar@hotmail.com
laurik@ laurik.com.ar
Tel: +54 11 5941 9637
Cel: +549 11 6274 5888
Cel: +549 11 6858 1982
Druk



