Laurik International
Beste
Vriende,
Op
hierdie Sondag-oggend waar ek vanoggend lekker vroeg kon opstaan en
'n bietjie tyd kan spandeer aan my skrywery gaan el die kans gebruik
om my belofte na te kom en vir julle meer vertel van onderwys en
medies in Argentinië.
Argentinië
is 'n historiese demokratiese land en alhoewel die mense altyd hier
aan die stry is het Argentinië al 'n grondwet vanaf 1853. Almal
hier glo dat hulle gelyk is en dieselfde reg as enige iemand anders
het om hulle opinie te gee, vra maar vir die mense wat al in 'n
Argentynse restaurant was. (meer hieroor in my volgende skrywe.)
Die
grondwet van Argentinië van 1853 wat in 1994 opgedateer is sê
dat Argentinië oop is vir enige mens op aarde wat hier wil woon
en dat die staat o.a. verantwoordelik is vir die nasie se onderwys en
gesondheid.
Ek hoop dat julle 'n wonderlike dag gehad het vol opwinding en sukses. Hier in Buenos Aires was dit nie 'n slegte dag nie en het ons goed vordering gemaak met die opstel van ons nuwe kantore.
Soos belowe gaan ons vandag 'n bietjie gesels oor Wild en Maté.
Ek hoop dat dit met julle almal goed gaan en dat julle gereed is vir 'n lekker rustige naweek.
Hier in Argentinië gaan dit goed en maak ons reg vir 'n ekstra lang naweek aangesien 25 Mei hier 'n nasionale vakansiedag is en ons die eerste onafhanklikheids dag fier. (Dit is 'n lang storie wat ek liefs op 'n ander keer meer oor gaan praat.)
Ek weet dat ek belowe het om vandag oor meer ernstige sake te praat soos die onderwys en medies hier in Argentinië maar so op die Vrydag middag dink ek nie dat dit juis die regte onderwerp is nie.
Ek wil eintlik vandag met julle deel dat Argentinië se oud-sekretaris van landbou, mnr. Miguel Campos aangekondig het dat die ergste droogte in 70jaar in Argentinië teen die tweede helfte van 2009 behoort op te klaar. (Net voordat die 2009 Landbou.com-Landbouweekblad toer hier land teen op die 20ste September)
Argentinië wat tans gebuk gaan onder die dubbel uitwerking van swak en agresiewe regeringsbeleid en die genoemde droogte plant vanjaar die minste koring in 'n 100 jaar en die totale graanoes word verwag om te daal met meer as 35% t.o.v. die 97miljoen ton wat verlede jaar geproduseer is.
Die USDA verwag egter dat Argentinië se 2010 soja oes met 50% gaan vermeerder tot 51 miljoen ton.
Mnr. Campos het aangedui dat baie min boere hierdie seisoen koring gaan plant aangesien dit amper as onverantwoordelik beskryf kan word a.g.v. die lae voginhoud van die grond huidiglik.
Ek sal julle op hoogte hou van enige nuwe verwikkeling.
Geniet julle naweek,
Saludos
Die Argentyn
Beste Vriende,
Ek
vertrou dat dit met julle goed gaan en dat julle die naweek geniet
het.
Vandag,
soos belowe (en al is dit 'n bietjie later as wat ek gehoop het) gaan
ek julle 'n bietjie vertel van die kerk, geloof en ander sakies hier
in Argentinië.
Ek hoop dat dit met julle goed gaan.
Vandag se skrywe wil ek graag aan "rakkertjie" opdra n.a.v. haar vriendelike kommentaar op my laaste pos oor die Sjinese in Argentinië.
Ek woon nou 10 jaar hier in Argentinië en kan vir julle sê dat dit 'n baie aangename tuiste is maar glad nie grappies nie - ek glo nie dat dit maklik is om na enige land te verhuis nie en Argentinië is nie die uitsondering nie.
Ek vertrou dat dit met julle goed gaan en dat naweek baie aangenaam was.
Hier in Buenos Aires het ons dit baie geniet en die winter wat so half hans is om sy gesig te wys maak dat dit baie aangename dae was om 'n bietjie uit te gaan en nuwe dinge en plekke te sien.
Beste
Vriende,
Ek vertrou dat dit met julle goed gaan en dat julle
die baie kort week geniet het.
Hier in Buenos Aires gaan dit
met ons goed en alhoewel ons week nou nie só kort was nie het ons
ook Vrydag afgehad.
Die groot nuus van die week is natuurlik
die Varkgriep en hoe ons dit gaan of nie gaan oorleef nie.
BesteVriende,
Ek vertrou dat julle die naweek geniet het en die nuwe week met al die energie begin het wat nodig is om al die take afte handel wat in hierdie belangrike week voor lê.
Vandag wilek eintlik net vinnig vir julle vertel van die gevolge van die sakewat ek in my vorige skrywe geïdentifiseer het as die probleme watArgentynse landbou vandag kwel.
Vandag skryf ek net kortliks aan julle om te vertel wat die sake is wat vandag die Argentynse boere wakker laat lê in die nag.
Eerstens is dit die droogte, wat soos baie van julle seker al gehoor het, die opbrengste van alle oeste met ten minste 50% laat verminder het in die gebiede wat deur die droogte aangetas word.
Tweedens is dit die uitvoerbelasting op graan, meer spesifiek soja, mielies en sonneblom van gemiddeld 30%. Hierdie saak het verlede jaar gely na die grootste en langste staking in Argentynse geskiedenis.
Die derde en moontlik ook die saak wat huidiglik die meeste aandag kry is natuurlik die komende verkiesing.
Hier moet ek net vinnig verduidelik hoe dit hier werk aangesien dit verskillend is as wat mense in Suid-Afrika ken. Hier in Argentinië staan ons onder die demokratiese-ideologiese skadu van Amerika. Wat hiermee bedoel word is dat die drie republikeinse kragte volgens die grondwet heeltemal onafhanklik is en apart gekies en verkies word.
Die verkiesing wat ons nou op 28 Junie het is die legislatiewe verkiesing waar die helfte van die Kongres se laer huis gekies word en 'n derde van die Senaat. Dit is so opgestel dat die kongres elke twee jaar om die beurt hernu word.
| Siguiente >> | Último |> |
Seksie 1 tot 10 as 34
LAURIK INTERNATIONAL
Email: laurik@laurik.com.ar
Skype: laurikinternational
MSN: laurik.com.ar@hotmail.com
laurik@ laurik.com.ar
Tel: +54 11 5941 9637
Cel: +549 11 6274 5888
Cel: +549 11 6858 1982
Druk



