Laurik International


Bekendstelling

Bekendstelling


7:22nm, Sondag, 12 Aug, 2007

Die doel van hierdie blog is om u, die leser, 'n klein insig te gee van wat in een van die wêreld se belangrikste landboulande en streke gebeur met nuus en insette deur myself wat nou reeds agt jaar hier in Argentinië woon en die geleentheid het om van hier af kommentaar te lewer. 

Met die wêreld wat so verbind is dat dinge wat aan die ander kant van die wêreld gebeur 'n invloed het op die plaasike samelewing kan dit net nuttig wees om te weet hoe dinge van hierdie kant van die wêreld gesien en verstaan word. 

Ek probeer natuurlik nie u, die leser, wysmaak dat ek alles van alles af weet nie maar eerder dat my doel met hierdie blog is om inligting wat nie geredelik vir 'n Suid-Afrikaner beskikbaar is nie meer toeganglik te maak. 

Met hierdie kort inleiding glo ek dat die bekendstelling afgehandel is maar moet asseblief nie huiwer om hier vrae en kommentare te los indien daar sake is waarvan u meer wil weet of ander opinies oor het nie. 

Saludos 

Die Argentyn

Kommentaar

latino


Jy is heeltemal reg dat dit nie nodig is dat mense weer dieselfde foute hoef te maak nie. Goed om te weet dat daar iemand is na wie mens kan verwys. Hier by ons is `n instroming van Duitsers en dit is tragies om te sien hoe van hulle uitgebuit word deur hul eie mense. Sterkte daar.

Bygevoeg 2007/08/14 01:41:09 nm


Die Argentyn

Beste latino,

Dankie vir jou kommentaar.

Soos ek in my eerste pos gesê het bly ek nou al agt jaar hier in Argentinië en het 'n konsultasiebesigheid waar ek Suid-Afrikaners, veral boere en ander besigheidsmense, help om hulle voete hier te vind want soos jy weet kan dit nogal ingewikkeld wees om eers aan die gang te kom.

Ek voel net dat daar nie 'n rede is dat almal wat iets hier wil doen moet voor begin en al die selfde foute moet maak en probleme moet ervaar nie.

Groete

Bygevoeg 2007/08/14 11:41:22

Die Argentyn


Beste Victoria,

Dankie vir jou kommentaar.

Ek geniet dit baie hier in Argentinië en dit is werklik 'n interessante land vol uitdagings en potensiaal. 

Dit is regtig 'n goeie tyd om in een van die wêreld se belangrikste landboulande te wees.

Lekker dag verder.

Bygevoeg 2007/08/14 11:35:19


Victoria VdM


Dankie vir jou blog, dit lyk asof dit interessant kan wees want soos jy sê, weet ons heeltemal te min van Argentinië.


Vertel ons of jy dit geniet daar in Argentinië?

Bygevoeg 2007/08/14 02:04:46

latino


Bly om te weet dat daar nog iemand in Suid-Amerika is. Sal baie graag jou standpunte en kommentaar wil hoor. Vertel asseblief meer oor jou en wat jy bedryf.
Hasta la proxima

Bygevoeg 2007/08/13 01:52:37



Laurik International





LAURIK INTERNATIONAL

Email: laurik@laurik.com.ar

Skype: laurikinternational My status


MSN: laurik.com.ar@hotmail.com

laurik@ laurik.com.ar


Tel: +54 11 5941 9637

Cel: +549 11 6274 5888

Cel: +549 11 6858 1982





 



Op hierdie bladsy sal u inligting vind oor:  Afrikaans, Laurik International Consultancy, Argentinië, Argentina, Afrikaans, Landbou in Argentinie, Landbou in Argentinië, Agritoere, Landbou Toere, Plaastoere, Invoer en Uitvoer, Besoek Suid-Amerika, Afrikaans Spaans Vertaal, Afrikaans Spaans Tolk, Immigreer na Argentinië, Buenos Aires, argentinie, Argentyn, Boerdery in Argentinië, Boerdery in Argentinie, Toer in Argentinië, Toer in Suid-Amerika, Uitsaaines, Suid-Afrikaanse gemeenskap, Comodoro Rivadavia, Bariloche, Mielies, Soja, Koring, Beeste, Vleis, Landbou.com, Landbou Weekblad, ExpoAgro, ExpoAgro, invoer en uitvoer van produkte, laurik international, argentinie natuur, avontuurtoerisme, estancia, 4x4 in Suid-Amerika, Eko toeris, Liniers Vleismark, Mercado de Liniers, Patagonië, Patagonie, Patagonia, Mendoza Wyn, Argentinie natuur, Natuur, Gaucho, Argentyns, Argentynse, Tango, Polo, Malbec, Pumas Rugby, Sokker, Rugby, DaKar, Rally, Ruta 40, Roete 40, Belegging Argentinie, Belegging Argentinië, Plaas in Argentinië, Colon Teater, Teatro Colon, Falkland, Toere Suid-Amerika, Toere Argentina, Toere Argentinië, Mercosur, Uruguay, Colonia, Montevideo, Sao Paulo, Falklands, Jujuy, Salta, Santiago del Estero, Formosa, Misiones, Chaco, Tucuman, San Juan, San Luis, Córdoba, La Pampa, Mendoza, Río Negro, Corrientes, Entre Ríos, Santa Fe, Buenos Aires, Neuquén, Chubut, Santa Cruz, Tierra del Fuego, La Rioja, Catamarca