Laurik International


Droogte in Argentinië - Goeie nuus
Beste Vriende,

Ek hoop dat dit met julle almal goed gaan en dat julle gereed is vir 'n lekker rustige naweek.

Hier in Argentinië gaan dit goed en maak ons reg vir 'n ekstra lang naweek aangesien 25 Mei hier 'n nasionale vakansiedag is en ons die eerste onafhanklikheids dag fier. (Dit is 'n lang storie wat ek liefs op 'n ander keer meer oor gaan praat.)

Ek weet dat ek belowe het om vandag oor meer ernstige sake te praat soos die onderwys en medies hier in Argentinië maar so op die Vrydag middag dink ek nie dat dit juis die regte onderwerp is nie.

Ek wil eintlik vandag met julle deel dat Argentinië se oud-sekretaris van landbou, mnr. Miguel Campos aangekondig het dat die ergste droogte in 70jaar in Argentinië teen die tweede helfte van 2009 behoort op te klaar. (Net voordat die 2009 Landbou.com-Landbouweekblad toer hier land teen op die 20ste September)

Argentinië wat tans gebuk gaan onder die dubbel uitwerking van swak en agresiewe regeringsbeleid en die genoemde droogte plant vanjaar die minste koring in 'n 100 jaar en die totale graanoes word verwag om te daal met meer as 35% t.o.v. die 97miljoen ton wat verlede jaar geproduseer is.

Die USDA verwag egter dat Argentinië se 2010 soja oes met 50% gaan vermeerder tot 51 miljoen ton.

Mnr. Campos het aangedui dat baie min boere hierdie seisoen koring gaan plant aangesien dit amper as onverantwoordelik beskryf kan word a.g.v. die lae voginhoud van die grond huidiglik.

Ek sal julle op hoogte hou van enige nuwe verwikkeling.

Geniet julle naweek,

Saludos

Die Argentyn
Laurik International





LAURIK INTERNATIONAL

Email: laurik@laurik.com.ar

Skype: laurikinternational My status


MSN: laurik.com.ar@hotmail.com

laurik@ laurik.com.ar


Tel: +54 11 5941 9637

Cel: +549 11 6274 5888

Cel: +549 11 6858 1982





 



Op hierdie bladsy sal u inligting vind oor:  Afrikaans, Laurik International Consultancy, Argentinië, Argentina, Afrikaans, Landbou in Argentinie, Landbou in Argentinië, Agritoere, Landbou Toere, Plaastoere, Invoer en Uitvoer, Besoek Suid-Amerika, Afrikaans Spaans Vertaal, Afrikaans Spaans Tolk, Immigreer na Argentinië, Buenos Aires, argentinie, Argentyn, Boerdery in Argentinië, Boerdery in Argentinie, Toer in Argentinië, Toer in Suid-Amerika, Uitsaaines, Suid-Afrikaanse gemeenskap, Comodoro Rivadavia, Bariloche, Mielies, Soja, Koring, Beeste, Vleis, Landbou.com, Landbou Weekblad, ExpoAgro, ExpoAgro, invoer en uitvoer van produkte, laurik international, argentinie natuur, avontuurtoerisme, estancia, 4x4 in Suid-Amerika, Eko toeris, Liniers Vleismark, Mercado de Liniers, Patagonië, Patagonie, Patagonia, Mendoza Wyn, Argentinie natuur, Natuur, Gaucho, Argentyns, Argentynse, Tango, Polo, Malbec, Pumas Rugby, Sokker, Rugby, DaKar, Rally, Ruta 40, Roete 40, Belegging Argentinie, Belegging Argentinië, Plaas in Argentinië, Colon Teater, Teatro Colon, Falkland, Toere Suid-Amerika, Toere Argentina, Toere Argentinië, Mercosur, Uruguay, Colonia, Montevideo, Sao Paulo, Falklands, Jujuy, Salta, Santiago del Estero, Formosa, Misiones, Chaco, Tucuman, San Juan, San Luis, Córdoba, La Pampa, Mendoza, Río Negro, Corrientes, Entre Ríos, Santa Fe, Buenos Aires, Neuquén, Chubut, Santa Cruz, Tierra del Fuego, La Rioja, Catamarca