Laurik International
Landbou.com - Toer 2008
Ons Voorgestelde Reisplan
30 Maart: Sondag
Arriveer vanaf Suid-Afrika in Sao Paulo met vlug SA 222 om 16.00.
Vertrek om 19.10 met vlug JJ8004 en arriveer in Buenos Aires om 22.00.
Aankoms, verwelkoming en vergesel na die 562 Nogaró Hotel.
Oornag in die hotel.
31 Maart: Maandag
Vroegoggend besoek aan die Liniers vleismark en 'n begeleide toer van ongeveer twee ure waar die besoekers 'n tipiese vendusie ook kan aanskou.
Geniet 'n vroeë verwelkomingsmiddagete met tipiese Argentynse disse.
Woon later 'n lesing oor die basiese feite en statistieke van Argentinië en sy landbou by.
Daarna keer ons terug na die hotel.
Aandete in 'n restaurant in Puerto Madero.
Oornag in die hotel.
1ste April: Dinsdag
Geniet 'n vol-dag uitstappie na 'n tipiese toeristiese Argentynse plaas met middagete en vervoer ingesluit.
U sal terug in Buenos Aires wees om ongeveer 17.30 met nog genoeg tyd vir laatmiddag inkopies aangesien die winkels in Buenos Aires eers omtrent 20.00 sluit.
Oornag in die hotel.
2 April: Woensdag
Verlaat die hotel.
Vandag reis ons na die hawestad van Rosario en oppad stop ons by 'n voerkraal ongeveer 200km vanaf die stad en het ons 'n begeleide toer van die voerkraal en 'n onderhoud met die eienaar.
Ons sal later die hawegeriewe in Rosario in die Provinsie van Santa Fe besoek om te sien hoe hulle hulle graan verskeep. Ons sal 'n begeleide toer hê van hulle fasiliteite en daar sal geleentheid wees om vrae te stel aan die persone wat verantwoordelik is vir die verskillende areas.
Middagete is nie ingesluit nie maar voorsiening sal gemaak word sodat ligte verversings gekoop
kan word.
Ons gaan vanaand in die República Hotel in Rosario tuis.
Oornag in die hotel.
3 April: Donderdag
Verlaat die hotel.
Vandag besoek ons 'n saaiplaas van in die omgewing van Venado Tuerto.
Middagete is nie ingesluit nie maar voorsiening sal gemaak word sodat ligte verversings gekoop
kan word.
Vanaand slaap ons in die Riviera Hotel in hierdie dorpie.
Oornag in die hotel.
4 April: Vrydag
Ons vertrek vroeg vanoggend na ontbyt terug na Buenos Aires waar ons in die vroeë middag behoort aan te kom.
Met ons aankoms in Buenos Aires en voordat ons na die 562 Nogaró Hotel terugkeer stop ons eers by 'n leerfabriek in een van die voorstede van Buenos Aires waar u goeie kwaliteit leerprodukte teen billike pryse kan koop.
Middagete is nie ingesluit nie.
Vanaand gaan ons saam as groep 'n Tangovertoning in El Querandí bywoon.
Vervoer van die hotel na El Querandí en terug.
Oornag in die hotel.
5 April: Saterdag
Dag vry om die verskillende uitstappies en aktiwiteite wat in Buenos Aires beskikbaar is te geniet.
Oornag in die hotel.
6 April: Sondag
Verlaat die hotel en word na die Internasionale Lughawe geneem vir u vlug terug na Suid-Afrika via Brasil.
Die vlug JJ8019 vertrek om 14.10 en arriveer in Sao Paulo om 16.40.
Die vlug SA 223 vertrek Sao Paulo om 18.00.
- einde van ons dienste -
Kwotasie
Die prys vir die bo-uiteengesette is USD2600 per persoon wat deel en USD2900 per persoon wat alleen reis.
Hierdie kwotasie sluit in:
- Retoer vliegtuigkaartjies tussen Suid-Afrika en Argentinië (via Sao Paulo)
- 5 nagte in 562 Nogaró Hotel in Buenos Aires met ontbyt
- 1 nag in República Hotel in Rosario met ontbyt
- 1 nag in Riviera Hotel in Venado Tuerto met ontbyt
Die volgende aktiwiteite:
- besoek aan die Mercado de Liniers op 31 Maart
- lesing oor die basiese feite van Argentinië en sy landbou op 31 Maart
- vroeë middagete in restaurant op 31 Maart, sonder drinkgoed
- aandete in restaurant in Puerto Madero op 31 Maart, sonder drinkgoed
- vol-dag uitstappie na 'n tipiese toeristiese Argentynse plaas met middagete en drinkgoed ingesluit op 1ste April
- besoek aan 'n voerkraal op 2 April
- besoek aan die Rosario hawe op 2 April
- besoek aan 'n saaiplaas op 3 April
- besoek aan 'n leerfabriek in Buenos Aires op 4 April
- Tangovertoning in El Querandí met aandete en drinkgoed ingesluit op 5 April
- Vervoer van en na Ezeiza Internasionale Lughawe met aankoms en vertrek van en na Suid-Afrika (via Sao Paulo)
- Vervoer van en na die hotel vir elke aktiwiteit.
Laurik International se dienste sluit 3 voltydse Engels-/Afrikaans- en Spaansmagtige gidse in, die opstel van 'n basiese verslag oor landbou in ArgentiniË en toegang tot ons 24-uur hulplyn vir enige navrae of probleme.
Die volgende items is nie ingesluit nie:
Betaling:
Betaling word deur Bontebok Tours & Travel behartig
- Afsnydatum vir besprekings Maandag 15 Desember 2007 met 'n 15% deposito betaalbaar.
- Balans betaalbaar Vrydag 8 Februarie 2008.
Let asseblief dat alle tariewe in Amerikaanse Dollars gekwoteer is. Hierdie tariewe mag verander afhangende van wisselkoers veranderings en beskikbaarheid.
Toer georganiseer vanuit Argentinië deur Laurik International.
Kontak ons gerus 24 uur van die dag vir meer inligting by:
0054 11 59419637
www.laurik.com.ar
MSN: laurik.com.ar@hotmail.com
Skype: laurikinternational
Verwysings:
Jan Bezuidenhout
Landbou.com
021 406 2414
jbezuide@landbou.com
LAURIK INTERNATIONAL
Email: laurik@laurik.com.ar
Skype: laurikinternational
MSN: laurik.com.ar@hotmail.com
laurik@ laurik.com.ar
Tel: +54 11 5941 9637
Cel: +549 11 6274 5888
Cel: +549 11 6858 1982

Druk



