Laurik International
Landbou.com toer - 2009
2009 Landboutoer
Reisplan
20 September: Sondag
Land in Buenos Aires.
Aankoms, verwelkoming en vergesel na die hotel.
Oornag in die hotel.
21 September: Maandag
Na ontbyt reis ons na 'n tradisionele saai en beesplaas in La Plata waar ons die geleentheid gaan hê om die boer se plaas te verken, met hom te gesels en middagete te geniet (120 km).
Na die besoek reis ons terug na ons hotel in Buenos Aires.
22 September: Dinsdag
Na 'n vroeë ontbyt besoek ons die reuse Mercado de Liniers vleismark waar ons die groot beesveilings gaan aansoek en die geleentheid gaan kry om te verstaan hoe en hoekom Argentyne die meeste beesvleis in die wêreld per persoon eet.
Na die besoek reis ons na San Pedro (150 km) waar ons 'n voerkraal gaan besoek.
Die besoek sluit 'n begeleide toer van die voerkraal en 'n onderhoud met die eienaar in.
Hierna reis ons na die stad van Rosario (150 km) waar ons vanaand gaan oornag.
23 September: Woensdag
Na ontbyt besoek ons die Rosario Hawe.
Ons sal die hawegeriewe in Rosario in die Provinsie van Santa Fe besoek om te sien hoe hulle hulle graan verskeep. Ons sal 'n begeleide toer hê van hulle fasiliteite en daar sal geleentheid wees om vrae te stel aan die persone wat verantwoordelik is vir die verskillende areas.
Hierna reis ons na die landbou dorp van Venado Tuerto (170 km) waar ons vanaand gaan oornag.
24 September: Donderdag
Na ontbyt besoek ons 'n saaiplaas in Venado Tuerto.
Vanaand oornag ons weer in Venado Tuerto.
25 September: Vrydag
Na 'n vroeë ontbyt besoek ons die Agrometal fabriek in Monte Maíz (170km). (Die grootste planter fabriek in Argentinië)
Na ons besoek aan die fabriek geniet ons 'n laat middagete waarna ons terugkeer na Venado Tuerto waar ons vanaand gaan oornag.
26 September: Saterdag
Na ontbyt reis ons die 368km na die stad van Buenos Aires waar ons vir oulaas dié stad kan geniet.
Oornag in Buenos Aires.
27 September: Sondag
Na ontbyt geniet ons 'n toeristiese besoek aan die Tigre Delta.
Hierdie half-dag uitstappie sluit vervoer van en na die hotel in.
Gedurende die uitstappie geniet ons 'n afskeidsmiddagete (drinkgoed nie ingesluit nie).
U het die middag vry om vir oulaas in Buenos Aires inkopies te doen.
Vanmiddag om ongeveer 18.00 word ons na die lughawe geneem vir u vlug terug na Suid-Afrika.
Uiteensetting
Die toer het plek vir 20 persone en is ideaal om met vriende en familie te beleef.
Hierdie kwotasie sluit in:
Retoer vliegtuigkaartjies tussen Suid-Afrika en Argentinië
3 nagte in Buenos Aires met ontbyt
1 nag in Rosario met ontbyt
3 nagte in Venado Tuerto met ontbyt
Die volgende aktiwiteite:
besoek aan vendusiekrale
besoek aan 'n beesplaas op 21 September
besoek aan 'n voerkraal op 22 September
besoek aan die Rosario hawe op 23 September
besoek aan 'n saaiplaas op 24 September
besoek aan Agrometal fabriek op 25 September
half-dag uitstappie na die Tigre Delta met afskeidsmiddagete (drinkgoed nie ingesluit nie) op 30 September
Vervoer van en na Ezeiza Internasionale Lughawe met aankoms en vertrek van en na Suid-Afrika
Vervoer vir alle aktiwiteite en besoeke gedurende die toer
Laurik International se dienste: dit sluit 2 voltydse Engels-/Afrikaans- en Spaansmagtige gidse in, die opstel van 'n basiese verslag oor landbou in Argentinië en toegang tot ons 24-uur hulplyn vir enige navrae of probleme.
Die volgende items is nie ingesluit nie:
Items wat nie uitdruklik in die uiteensetting genoem word nie
Visa en paspoort onkoste
Reisversekering
Fooitjies (Porterage and tipping)
Alle persoonlike onkostes soos telefoon oproepe, "laundry", ens.
Kostes
Die prys vir die bo-uiteengesette is:
USD1390 per persoon wat deel in 'n dubbelkamer vir die toer en R5700 vir die retoer-vliegtuigkaartjie.
USD1830 per persoon wat alleen reis vir die toer en R5700 vir die retoer-vliegtuigkaartjie.
Let asseblief dat alle tariewe in Amerikaanse Dollars gekwoteer is. Hierdie tariewe mag verander afhangende van wisselkoers veranderings en beskikbaarheid asook veranderings in belastings en heffings. Laurik International behou die reg voor om nodige veranderings aan die reisplan te maak indien daar onvoorsienbare gebeure plaasvind.
Kontakbesonderhede
Hendrik &Laura Jordaan
Laurik International
Sel: 0054911 627 45888
Tel: 0054 11 59419637
E-Mail: landbou@laurik.com.ar
Skype: laurikinternational
MSN: laurik.com.ar@hotmail.com
Ons is ook beskikbaar op Facebook, LinkedIn, Plaxo, Xing en Ecademy.
Of
Stuart Goodall
Senior Leisure Consultant
Seekers Travel
Tel: +27 21 408 9900
Local Fax: 086 522 9347
E-Mail:Stuart.Goodall@travel.co.za
Spearhead Building
42 Hans Strijdom Avenue
Foreshore
Suid-Afrika
LAURIK INTERNATIONAL
Email: laurik@laurik.com.ar
Skype: laurikinternational
MSN: laurik.com.ar@hotmail.com
laurik@ laurik.com.ar
Tel: +54 11 5941 9637
Cel: +549 11 6274 5888
Cel: +549 11 6858 1982

Druk



