Laurik International
Die begin...
Patagonië,
misterieuse wegsteek land. 'n Kontinent op sy eie en tog ook deel van
ons vandag.
Lug só skoon en water só helder dat
jy tot anderweek daarin kan sien.
Berge so mooi dat net die
Skepper hulle kon gemaak het . Vlaktes valleie en riviere.
Lang
pad, kronkel pad, goeie pad, slegte pad en geen pad, ja hy het dit
alles.
Forrel, takbok en jakkals; dor-droog op plekke en
waternat net anderkant, dis hy, dis ons Patagonië.
Ek
gaan julle van HOM vertel. Kom, reis saam, en miskien kan julle hom
kom ontdek en in my vreugde deel.
In Commodoro Rivadavia woon
'n klomp Afrikaners van toentertyd af,
in Bariloche woon n
klomp nazis..sê hulle... ??ons weet nie rerig nie..
Op
die vlaktes woon die Gauchos, so taai soos n patagoniese bossie. Sy
metgesel, sy perd en sy hond. Sy woonplek ?? n rancho van klip. in
die winter toegesneeu onder 'n dik laag "nieve" met die pad
so hard jy kan op hom skaats,
langs die see : kom kyk
walvisse, robbe en vang 'n vissie.
Daar pomp ons olie ook, en
ons soek goeters onder die grond...
Reuse goeters
...dinosorusse ...
Dis mos hulle wat die plek opgepas het tot
nou die dag.
En die ander mense?? Jy weet, die "gewone "
mense?? Wag, wag, van hulle vertel ek julle anderdag ...
Onthou
julle die Puma? Ons het hulle ook hier. Dis nou die een sonder die
rugby bal, dié een het TANNE .
Veilig bly tot
vooooooooooooolgende week.
Groete
LAURIK INTERNATIONAL
Email: laurik@laurik.com.ar
Skype: laurikinternational
MSN: laurik.com.ar@hotmail.com
laurik@ laurik.com.ar
Tel: +54 11 5941 9637
Cel: +549 11 6274 5888
Cel: +549 11 6858 1982

Druk



