Laurik International


Die begin (vervolg)

Die water wat lewe gee laat die valleie en die vleie bot, beeste, skape en hasies, skilpaaie, skoenlappers en bokkies. Het julle geweet dat die wêreld se kleinste bokkie ook hier bly? Sy naam die Pudu. Almal wat die Liewe Heer gemaak het, kom en drink en sê dankie.

Mense dink Patagonië is net wind en koue!! Sê my swaer, "dis 'n woestyn man, waar die wind op n stil dag 100 km. per uur waai." En ek dog, wag laat ek gaan kyk ...

Groot was my verbasing toe ek sien dis sowaar 'n mooie plek. Die wind? hy waai ja, maar nou nie 100 km. per uur op n stil dag nie, nee, darem nie so erg nie.
Julle het seker al van die krisis gehoor, "aard verwarming". Ja, ons gaan uit braai of wegspoel sê die manne met die lang hare en die dik brille.
Daarom gebruik ons nou hier daardie einste wind om lekker skoooon krag op te wek. Ons kamp uit in die berge en ons stap deur die vlaktes en ons kyk na die mooiste kleure in die lente en in die herfs.

Ons vang groot forelle in die skoon bergstrome en ja, ons drink daai selfde water ook net so, sonder om 'n ton chloor by te gooi om die goggas dood te maak. Die manne wat weet sê dit is goed vir die gesondheid. Nou nie die chloor nie!! Ek sê maar net, vir die wat so lank laas skoon water gedrink het, net nou dink julle die chloor is die gesonde een en die berg water is gevaarlik.

Die buurman is besig om nuwe krale te bou, beeskrale nie krale vir die vrouens se nekke nie, alles van hout. Pragtig! Ek sal vir julle 'n foto stuur.

Julle is seker nuuskierig om die wêreld te sien nê. Wel ek sal ook hiervan 'n paar fotos stuur maar julle moet eintlik self kom kyk. Dan drink julle skoon water, eet 'n forel op die kole en die volgende aand 'n lekker Patagoniese lam, sommer so onder die sterre buite, niemand sal pla of kla nie, nee ons is vriendelike mense hier, om die waarheid te se sal ons julle verwelkom!!

Nou ja genoeg vir eers,
Tot vooooooooooooooolgende keer,
Groete van huis tot huis.

Laurik International





LAURIK INTERNATIONAL

Email: laurik@laurik.com.ar

Skype: laurikinternational My status


MSN: laurik.com.ar@hotmail.com

laurik@ laurik.com.ar


Tel: +54 11 5941 9637

Cel: +549 11 6274 5888

Cel: +549 11 6858 1982





 



Op hierdie bladsy sal u inligting vind oor:  Afrikaans, Laurik International Consultancy, Argentinië, Argentina, Afrikaans, Landbou in Argentinie, Landbou in Argentinië, Agritoere, Landbou Toere, Plaastoere, Invoer en Uitvoer, Besoek Suid-Amerika, Afrikaans Spaans Vertaal, Afrikaans Spaans Tolk, Immigreer na Argentinië, Buenos Aires, argentinie, Argentyn, Boerdery in Argentinië, Boerdery in Argentinie, Toer in Argentinië, Toer in Suid-Amerika, Uitsaaines, Suid-Afrikaanse gemeenskap, Comodoro Rivadavia, Bariloche, Mielies, Soja, Koring, Beeste, Vleis, Landbou.com, Landbou Weekblad, ExpoAgro, ExpoAgro, invoer en uitvoer van produkte, laurik international, argentinie natuur, avontuurtoerisme, estancia, 4x4 in Suid-Amerika, Eko toeris, Liniers Vleismark, Mercado de Liniers, Patagonië, Patagonie, Patagonia, Mendoza Wyn, Argentinie natuur, Natuur, Gaucho, Argentyns, Argentynse, Tango, Polo, Malbec, Pumas Rugby, Sokker, Rugby, DaKar, Rally, Ruta 40, Roete 40, Belegging Argentinie, Belegging Argentinië, Plaas in Argentinië, Colon Teater, Teatro Colon, Falkland, Toere Suid-Amerika, Toere Argentina, Toere Argentinië, Mercosur, Uruguay, Colonia, Montevideo, Sao Paulo, Falklands, Jujuy, Salta, Santiago del Estero, Formosa, Misiones, Chaco, Tucuman, San Juan, San Luis, Córdoba, La Pampa, Mendoza, Río Negro, Corrientes, Entre Ríos, Santa Fe, Buenos Aires, Neuquén, Chubut, Santa Cruz, Tierra del Fuego, La Rioja, Catamarca