Laurik International
Droogte in Argentina 2009
Die rede hoekom ek nou weer daaroor skryf is dat die droogte nie deur die reën wat met planttyd verlede jaar ontvang is gebreek is nie maar eintlik net baie van die boere verlei het en hulle gelok het om te plant en te belê in die nuwe oes. (¿Die ander vraag is natuurlik of daar regtig 'n keuse was vir baie mense?)
Die huidige siklus is te danke aan die "La Niña" fenomeen maar ook omstandighede in die Atlantiese oseaan. Die klimatoloë hier in Argentinië sien die huidige droogte as 'n tipe "perfekte storm" soortgelyk aan die huidige finansiële krisis in Amerika waar alles wat moontlik kan inwerk om reënval te verminder gelyktydig gebeur.
Daar word geglo dat die La Niña fenomeen tydelik gaan verlig en dat daar genoeg reën oor die volgende paar maande gaan val om te verhoed dat die soja oes totaal misluk maar die vrees is dat die 2009/2010 seisoen onmoontlik droog gaan wees a.g.v. die verminderende reënval oor die laaste paar jaar wat op sy minimum gaan wees vir die volgende oes en wat nie gedurende die Herfs, Winter en heel moontlik Lente aangevul gaan word nie.
Die INTA landbou instituut het 'n beroep op graanboere gedoen om met landbou-ingenieurs saam te werk om die beste moontlik kultivar en rotasie vir elke gebied te kies en dus maksimum opbrengs te verseker.
Almal se oë is op die ExpoAgro 2009 landbou skou wat in Maart plaasvind om te sien watter kultivars en projekte die verskillende maatskappye gaan promoveer as droogte-wenners.
Daar is regtig groot kommer in die landbou in Argentinië oor die moontlike gevolge van so 'n massiewe droogte na die monumentale staking van verlede jaar en die aansienlike val van graanpryse.
Daar word nou ook gekyk d.m.v. politieke samesprekings om baie landbou streke tot rampsgebiede te verklaar en daar word ook gevra dat die regering 'n moratorium plaas op die berugte uitvoerbelasting op graan, vleis en melk.
Ek sal julle laat weet sodra daar enige verdere verwikkelinge is maar julle gebede vir die Argentynse boere sal werklik waardeer word.
Tot volgende keer.
Groete
LAURIK INTERNATIONAL
Email: laurik@laurik.com.ar
Skype: laurikinternational
MSN: laurik.com.ar@hotmail.com
laurik@ laurik.com.ar
Tel: +54 11 5941 9637
Cel: +549 11 6274 5888
Cel: +549 11 6858 1982
Op hierdie bladsy sal u inligting vind oor: Afrikaans, Laurik International Consultancy, Argentinië, Argentina, Afrikaans, Landbou in Argentinie, Landbou in Argentinië, Agritoere, Landbou Toere, Plaastoere, Invoer en Uitvoer, Besoek Suid-Amerika, Afrikaans Spaans Vertaal, Afrikaans Spaans Tolk, Immigreer na Argentinië, Buenos Aires, argentinie, Argentyn, Boerdery in Argentinië, Boerdery in Argentinie, Toer in Argentinië, Toer in Suid-Amerika, Uitsaaines, Suid-Afrikaanse gemeenskap, Comodoro Rivadavia, Bariloche, Mielies, Soja, Koring, Beeste, Vleis, Landbou.com, Landbou Weekblad, ExpoAgro, ExpoAgro, invoer en uitvoer van produkte, laurik international, argentinie natuur, avontuurtoerisme, estancia, 4x4 in Suid-Amerika, Eko toeris, Liniers Vleismark, Mercado de Liniers, Patagonië, Patagonie, Patagonia, Mendoza Wyn, Argentinie natuur, Natuur, Gaucho, Argentyns, Argentynse, Tango, Polo, Malbec, Pumas Rugby, Sokker, Rugby, DaKar, Rally, Ruta 40, Roete 40, Belegging Argentinie, Belegging Argentinië, Plaas in Argentinië, Colon Teater, Teatro Colon, Falkland, Toere Suid-Amerika, Toere Argentina, Toere Argentinië, Mercosur, Uruguay, Colonia, Montevideo, Sao Paulo, Falklands, Jujuy, Salta, Santiago del Estero, Formosa, Misiones, Chaco, Tucuman, San Juan, San Luis, Córdoba, La Pampa, Mendoza, Río Negro, Corrientes, Entre Ríos, Santa Fe, Buenos Aires, Neuquén, Chubut, Santa Cruz, Tierra del Fuego, La Rioja, Catamarca

Druk



