Laurik International
Kunsmis - Verskaffings onafhanklikheid
Volgens 'n studie wat pas afgehandel is is hier meer as genoeg natuurlike hulpbronne en tegniese vernuftigheid om alle kunsmis self te produseer op 'n regionale vlak.
Daar word tans (syfers van 2007) 12.7 miljoen ton kunsmis in die streek geproduseer wat deur Argentinië, Brazil, Bolivië, Chile, Paraguay en Uruguay gevorm word terwyl hulle in dieselfde tydperk 23 miljoen ton kunsmis ingevoer het.
Die doel van hierdie nuwe inisiatief is om te verseker dat hierdie belangrike landbou streek in die toekoms onafhanklik kan wees van buite invloed en sodoenende meer onderhandelings ruimte kan kry t.o.v. die ontwikkelde lande in o.a. die Wêreld Handels Organisasie.
Dit is natuurlik 'n massiewe projek wat noue samewerking sal vereis en bemoeilik kan word deur verskillende nasionale prioriteite.
Laat gerus weet as julle enige kommentaar het.
Groete tot volgende keer.
LAURIK INTERNATIONAL
Email: laurik@laurik.com.ar
Skype: laurikinternational
MSN: laurik.com.ar@hotmail.com
laurik@ laurik.com.ar
Tel: +54 11 5941 9637
Cel: +549 11 6274 5888
Cel: +549 11 6858 1982

Druk



