Laurik International
Lewe in Argentinë-Onderwys en Medies
Wat
dit vir vandag se skrywe beteken is dat dit moontlik is vir enige
iemand wat hier woon om van die kleuterskool tot met sy doktorsgraad
nie 'n sent te betaal vir onderwys nie en tot die dag van sy dood nie
'n sent vir mediese sorg nie.
Die werklikheid is natuurlik nie so utopies nie want 'n mens moet nooit vergeet dat Argentinië 'n ontwikkelende land is nie. Jy kan alles verniet kry maar jy moet geduldig wees.
Vir die mense wat nie geduldig is nie en wil hê wat hulle wil hê sonder om te wag en sonder om deur die sisteem te gaan is alles natuurlik in private-weergawes beskikbaar. Argentyne sal sê dat private onderwys en medies baie duur is - maar dit is omdat hulle dit met gratis vergelyk...!
Ek wat my honeursgraad hier in Buenos Aires gekry het in 'n privaat universiteit het 10 maandelikse kwotas per jaar van omtrent R700 elk betaal en dit was gesien as net onder spandabelrig...
Privaat mediese fondse word ook gesien as duur en 'n mens betaal ongeveer R600 per persoon per maand vir een van die beste mediese-hospitaal fondse.
Meer as dit gaan ek nie vandag oor hierdie saak sê nie maar ek wou julle net graag vertel van hoe hierdie twee belangrike sake hier in Argentinië werk.
Lekker dag vir julle almal.
Saludos
Die Argentyn

LAURIK INTERNATIONAL
Email: laurik@laurik.com.ar
Skype: laurikinternational
MSN: laurik.com.ar@hotmail.com
laurik@ laurik.com.ar
Tel: +54 11 5941 9637
Cel: +549 11 6274 5888
Cel: +549 11 6858 1982

Druk